Raak bietjie rustig

0
85
Liesel Krause-Wiid

Ons is die “altyd beskikbaar”-generasie. Ons slimfone gaan saam gim, bed en badkamer toe. Gesonde grense is egter noodsaaklik, want dit voel later of die hele wêreld se laste op jou skouers rus.

Geloofkenner: Liesel Krause-Wiid

lyn_3.png

GRATIS E-BOEK

Wens jy dan jy ʼn meer geesgevulde lewe kan hê? Hier is jou uitnodiging van God… al wat Hy van jou vra is 52 weke.

Kliek HIER en laai Andries Enslin se e-boek, Gee God 52 weke,  GRATIS af.

lyn_3.png

Ons is die “altyd beskikbaar”-generasie. Ons slimfone gaan saam gim, bed en badkamer toe. Gesonde grense is egter noodsaaklik, want dit voel later of die hele wêreld se laste op jou skouers rus.

Die predikant Bruce Larson het baie jare in New York gewerk. Wanneer hy mense teëgekom het wat worstel met die swaar laste van die lewe, het hy hulle op ’n wandeling deur die strate van die stad geneem. Hy het die mense altyd na ’n reusewolkekrabber geneem.

Voor die ingang staan ’n standbeeld van Atlas. ’n Perfekgeboude man wat al sy krag inspan om die aarde op sy skouers te dra. Atlas, die sterkste man in die wêreld, kan skaars regop bly onder die swaar las van die aardbol op sy skouers.

[VIDEO] Liesel Kruase-Wiid: “Jy het net een Persoon se goedkeuring nodig.”

Hou jouself met die regte dinge besig

Larson het dan vir hulle gesê: “Een manier om deur die lewe te gaan is om te probeer om self die wêreld se laste op jou skouers te dra. Maar oorkant die pad is daar ’n ander, beter opsie.” Aan die ander kant van straat staan die St. Patrick-katedraal. Binne is daar ’n beeld van Jesus as jong seuntjie wat sonder enige inspanning die wêreld in sy een hand vashou. Jy het ’n keuse elke dag. Kies jy om jou laste en stres alleen te dra? Of kies jy om dit vir jou Vader te gee?

Leer om te prioritiseer. Wanneer ek soms by my pa kla dat ek te besig is, sê hy altyd: “Jy is presies waar jy wil wees.” Want jy is mos in beheer van jou dagboek en hoe dinge verloop. Gebruik daarom jou tyd oordeelkundig. Kry ’n helikopter-perspektief, met ander woorde, bekyk jou omstandighede van bo en op ’n afstand. Dan sal jy baie beter kan sien of jy jouself besig hou met dinge wat nie regtig saak maak nie. Waar daar geen orde en beplanning is nie, heers chaos! Daarom het ons gesonde verstand gekry om te kan beplan.

Moenie harder werk nie, werk slimmer!

Onthou, ons almal beleef spanning. Ons is nie supermense nie. En ons leef nog duskant die hemel. Moenie in die strik trap om te veel ysters in die vuur te hê nie, want as daar honderd en tien dinge is wat jou aandag vereis, raak jy gou gefrustreerd. John Maxwell sê: “Dis nie ’n kwessie van harder werk nie, maar slimmer werk.”

Het jy geweet uitbranding beteken letterlik om “sonder brandstof te wees”? As jy die lang pad aandurf sonder om jou motor na te gaan en seker te maak sy tenk is vol brandstof, en die bande en olie is in orde, gaan jou motor waarskynlik langs die pad moeilikheid gee. Dieselfde geld vir ons. As ons nie tyd maak vir die dinge wat saak maak nie, gaan ons uitbrand. Maak ’n punt daarvan om gereeld jou skoene uit te skop en rustig te word. Dis dan dat jy jou batterye herlaai met nuwe krag en energie vir die uitdagings van môre.

Verander jou bekommernisse in hartsgesprekke

Ons almal ken die verhaal van Marta en Maria. Marta skarrel rond en werk hard terwyl haar suster by Jesus se voete sit. Sy raak omgekrap en vra Hom om Maria hieroor aan te spreek. “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie ” (Lukas 10:41-42).

Wanneer jy tyd maak vir rus, maak Hy die storms in jou binneste stil. Dan vind jy rustigheid te midde van die chaos, gejaagdheid en gebrokenheid van hierdie wêreld.

As jou doenlysie jou vandag wil oorweldig, haal ’n slag diep asem. Besluit om nie jou dagtake uit jou eie krag aan te pak nie. Bedaar, en ken Hom in al jou besluite. Probeer om die dinge na te jaag wat in lyn met Sy wil en jou Godgegewe talente is. Want daar sal jy ook jou energie vandaan kry. Doen vandag dit waarvoor jy gemaak is! En as jy vanaand van bekommernis in jou bed lê en rondrol, onthou: “Don’t count sheep, talk to the Shepherd.”

lyn_3.png

KOOP AANLYN

Wat sê jy?, Liesel Krause-Wiid en 40 vrouedominees skryf saam om vroue te leer dat hulle woorde ander mense se lewens kan verander. Koop nou die boek by Voelgoedwinkel.co.za teen R70.

lyn_3.png