Red jou goue herinneringe

0
83
slides_2_pc.jpg

Is jou ou films en foto’s besig om stof te vergader of geel te word? Jou herinneringe is mos kosbaar.

Jy kan hulle nou elke dag geniet en met ander deel met die ION Slides 2 PC film-en-skyfieskandeerder. As jy een van die talle mense is wat bokse en bokse vol skyfies het, maar nie meer kan onthou wat van jou projektor geword het nie, is dit perfek vir jou. Dit maak dit maklik om jou film- en skyfie-negatiewe oor te plaas na jou rekenaar.

Al wat jy hoef te doen, is om die sagteware op jou rekenaar te installeer en Slides 2 PC met ’n USB-kabel te konnekteer. Die ION Slides 2 PC MKIII is nou beskikbaar by www.loot.co.za teen R799.