Reënboog-draaie

Ek wil vra dat julle My
In die donker tye van hierdie lewe
Sal bly vertrou
My liefste kinders

Ek wil vra dat julle
Altyd sal bly vashou
Dat julle altyd sal weet
Ek is baie lief vir julle

Ek weet daar kom baie storms sê Abba
Donker tye in hierdie lewe
Tog wil Ek hê julle moet weet
Ek is altyd naby

Ek wil hê julle moet op die plek kom
Liefste kinders
Waar julle geloof in My
Baie harder praat as julle aardse realiteit

Ja sê Abba-Vader
Ja My liefste kinders
Ek wil hê julle moet geloof bly behou
Al sê die situasie en wêreld alle hoop is lankal reeds verloor

My liefste kinders
Asseblief luister vir My
Ek wil hê julle moet in die tye van donker wolke
Bly vashou totdat die son en reënboog weer aanbreek

Ja sê Pappa-God, ja
Die son en reënboë kom altyd weer
Ek sal nie toelaat dat julle
In donker tye bly

Ja sê Abba-God, ja
Ek weet stormtye is nie lekker nie
Tog wil Ek hê julle moet weet
Dat Ek dit vir ‘n rede toelaat

Ek laat dit toe
Sê Abba-God
Sodat julle gees-mens
Saam met My kan groei

My liefste kinders
Luister asseblief vir My
As julle net sal commit om aan te hou vashou
Sal julle sien

Julle sal sien sê Abba-God
Dat Ek alles draai
Vir die beswil van My kinders
Laat Ek alles draai vir My eer

My liefste kinders
Luister asseblief vir My
Daar is geen kind van My
Wat nie na die tyd kom dankie sê

Slegte tye is altyd daar
Om julle die mooiste lesse te leer
Om julle by die mooi van My hart uit te bring
As julle dit net wou toelaat

My liefste kinders asseblief
Moenie slegte tye vrees nie
Selfs al kom hulle
Ek is altyd naby

Ek sal julle nooit
In die steek laat nie
Ek sal julle krag bly gee
Want dis Ek alleen wat julle in hierdie tye dra.