Reghoek

0
33
reghoek[1].jpg

Jou skouers, bors en heupe is ongeveer dieselfde grootte.

As jy ’n reghoek figuur het

DIE KENNER SÊ

Jou heupe en borste is in verhouding, maar jou middel is nie duidelik nie. Jy sit gewig om jou bolyf aan asook aan jou boarms en dye. Jou proporsies is mooi, maar maak ’n plan om jouself ’n middellyf te gee met klere en bykomstighede.

Hou op wegkruip onder sakkerige of donker klere. Dra iets noupassends met ’n breë, donker belt om jou middel. Daar is nou heelwat sulke gordels in rekmateriaal beskikbaar. Jy kan ook jou middel beklemtoon deur bostukke en broeke of rompe in kontrasterende kleure te dra.

Dit werk egter net vir vroue wat nie kort is nie.