Sien, hoor en voel die Passiespel

19444

Hierdie toer is uitgestel tot 2022

Een keer in ‘n dekade vir die inwoners van Oberammergau, een keer in ‘n leeftyd vir reisigers. Moenie die mooiste Passiespel ter wêreld misloop nie.

FINESSE PASSIESPEL 2022
Boedapest, Wene, Bratislawa, Praag, Kasteel
Hluboká, Kasteel van Český Krumlov, Salzburg,
Oberammergau, München

Toerleier | Gretha Wiid
Vertrekdatum | 2022

Kom reis saam met Finesse en Gretha Wiid na Duitsland en kyk hoe die belangrikste weke van ons geloofsgeskiedenis op die Oberammergau-verhoog afspeel.

Kom beleef die onvergeetlike ervaring van ’n groot verhoog met dramatiese groeptonele, afgewissel deur musiek en die wonderlike sang van ’n massakoor.

Wat hierdie produksie uniek maak, is dat dit die wêreld se grootste amateurvertoning is, aangesien die ongeveer 2 000 deelnemers – akteurs, musikante, verhoogtegnici en so meer – inwoners van die dorpie moet wees.

Die Passiespel is nie maar net nog ’n toeristebestemming nie. Vir ’n gelowige is die vertoning iets wat jou hart aanraak en jou geloof verander en verdiep.

So vertel Liesel Krause-Wiid van haar ervaring in 2010: “Toe die spykers Jesus se hande deurboor, het rou krete deur die lug weergalm. My hart het gebreek toe Sy lewelose liggaam van die kruis afgehaal is en Maria snikkend met haar Seun se bebloede liggaam in haar arms sit.”

KLIEK HIER vir die volledige reisprogram.

LET WEL Die toerprys van R44 980 is per persoon wat ’n kamer deel. Plek is onderworpe aan beskikbaarheid tydens bespreking. Hoewel ons alles moontlik sal doen om ons berekende toerprys vir 2022 te behaal, is tariewe steeds onderworpe aan aanpassings indien nodig.