Rek en strek tot jy beter voel

0
19

Strekoefening bring nie net verligting vir stram en seer spiere nie, maar laat jou ook ontspanne en goed voel. Werk dit by jou dag in en jy gaan sommer gou gou soos ’n nuwe mens voel.

Strekoefeninge is terapeuties vir liggaam en gees.  Maak dit deel van jou roetine en jy sal eindelose voordele daaruit put.  Hier is ’n paar redes om goed te strek:

  • Dit berei die liggaam voor op veeleisende aktiwiteite en maak dus oefeninge soos draf, tennis en fietsry makliker.
  • Dit help om beserings te voorkom.
  • Strekoefeninge maak jou soepel.
  • Dit bevorder die bloedsomloop.
  • Dit neem net ’n paar minute per dag om te strek en kan boonop enige tyd van die dag gedoen word.
  • Soggens wanneer jy wakker word.
  • Bedags op kantoor – veral as jy van opgehoopte spanning ontslae wil raak.
  • Saans voor die televisie.
  • Voor en na ’n oefensessie.
  • Wanneer jou spiere styf en gespanne voel.
  • Wanneer jy geïrriteerd of omgekrap voel.

 

Geskryf deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter by @linda_kriel