Vroue wat Glo-retreat

Vry, vrolik en bly

Kom beleef Finesse en Finbond se Vroue wat Glo-retreat saam met jou selgroep, gemeente- en ander geloofsvriendinne. Saam kan julle aanbid, lofprysing doen én ’n dieper geloof ervaar sodat jy hierna kan uitgaan om ’n vry, vrolike Christenvrou vol blydskap te wees!

Meer oor

Ons leef in ’n wêreld vol moeilikhede en stryd, en gelowiges sowel as ongelowiges word met slegte nuus oorval. Gelowiges behoort egter te reageer met ’n ander soort hoop, ’n hoop in Christus.

Gelowiges het  baie om oor vrolik en  bly te wees

Selfs al kan jy nie oor jou omstandighede juig nie, kan jy steeds jou blydskap in Hom vind, ongeag jou pyn, hartseer en droefheid.

As ons net dink aan wat ons alles in Christus het, hoe kan ons nié vol blydskap wees nie? Ons het vergifnis, genade en die belofte van ’n ewige hoop gekry!

Soms is dit moeilik om die betekenis van blydskap te verstaan, want ons sien dit in terme van ons emosies. ’n Christelike lewe moet egter nie volgens gevoelens geleef word nie, maar met geloof as basis.

 

En natuurlik mag jy vrolik en bly wees, dis nie verkeerd nie.

Ons moet juis blydskap en vergenoegdheid uitstraal wat ander aantrek omdat hulle ook wil hê wat ons het.

Gelowiges moet eintlik die gelukkigste wees van alle mense!

Beleef wêreldklas–sprekers saam met jou geloofsvriendinne

Tydens die Vroue wat Glo-retreat sal jy die geleentheid kry om na wêreldklassprekers soos Liesel Krause-Wiid, Lynette Beer en Lindie Strydom, asook gaskunstenaars soos Rouchelle Liedemann en Cordelia, te luister.

Ons kan kies om te leef met wat ons kan sien óf volgens wat ons glo, sê Liesel Krause-Wiid. “Jy kan na jou omstandighede kyk en daarvolgens leef, óf jy kan verby jou omstandighede kyk en God agter die skerms sien werk.”

Lynette Beer wil vroue help om ’n nuwe perspektief te kry. “Jy sal nooit gelukkig wees met wat jy kry nie, totdat jy verstaan wat jy regtig verdien.

Dis ’n onverdiende geskenk wat ons so maklik as vanselfsprekend aanvaar. Die oomblik wat jou perspektief verander, sal jy gelukkiger word.”

Lindie Strydom glo dat Sy wil goed en perfek en die beste is vir jou, ongeag hoe die situasie ook mag lyk. “Deur geloof kan jy glo dat alle dinge Hom dien.

Jy kan daarom dankie sê vir alles wat na jou kant toe kom. Jy kan sê: ‘Ek weet dat alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet.’”

Sprekers

Gaskunstenaars

Gasvroue

Kaartjies

Ons Vroue wat Glo-retreats wat in April sou plaasvind word aangeskuif.

Pres. Ramaphosa het Sondagaand ingrypende stappe aangekondig om die effek van COVID-19 in Suid-Afrika te probeer bekamp – een daarvan is dat byeenkomste van meer as 100 mense verbied word.

Jou kaartjie is steeds geldig vir die nuwe datum! Indien die datum jou nie pas nie, gee ons graag jou kaartjie se geld terug, stuur asseblief jou kaartjie per e-pos na melissa@voelgoedwinkel.co.za.

KAAPSTAD
 GEHERSKEDULEER  
DATUM: Saterdag 23 Mei
PLEK: Die Bron Kerk & Teater
Willowbridge Winkelsentrum, 39 Carl Cronje Dr, Bellville, Kaapstad
TYD: 07:00 vir 08:00 tot 13:00

PRETORIA
 GEHERSKEDULEER  
DATUM: Saterdag 6 Junie
PLEK:
Lewende Woord Centurion
H / v Adam Tas en Lyttletonweg, Clubview, Centurion
TYD: 07:00 vir 08:00 tot 13:00

EARLY BIRD-
kaartjie

R120

R150

EARLY BIRD-kaartjie:
Is geldig tot 13 April
+
Gratis boek Loop en Val (R195)

Groeps-
bespreking

R420

R600

GROEPSBESPREKING:
4 of meer kaartjies teen slegs R105 per kaartjie
+
Gratis boek Loop en Val (R195)

VIP-
kaartjie

R192

R423

VIP-kaartjie:
* Aparte registrasie
* Afgebakende sitplekke
* Boek Vry, vrolik en bly (R174)
* Oudio-opname van retreat (R99)
+
Gratis boek Loop en Val (R195)

Finesse-
vriendinne

R105

R150

FINESSE-VRIENDINNE:
Slegs R105 per kaartjie. Gebruik jou afslagkode.
+
Gratis boek Loop en Val (R195)

Boek (Vry, Vrolik en Bly!)

Voor-publikasie aanbod!
VRY, VROLIK EN BLY!  

deur Liesel Krause-Wiid, Lynette Beer, Karien Basson en ander. As jy die boek vooraf bestel, stuur ons vir jou ‘n gratis ekstra boek om iemand spesiaal te bederf.

R139 R174 + Gratis ekstra boek

Geborg deur

Bank enige tyd, enige plek, in Afrikaans.
SMS “MYBANK” na 33903.

Kliek op finbondmutualbank.co.za

Vroue wat Glo-retreat 2019

By 2019 se Vroue wat Glo-retreat het lesers God se teenwoordigheid, inspirerende lofprysing en dinamiese gebed ervaar. Sprekers soos Liesel Krause-Wiid, Lynette Beer en Rouchelle Liedemann het vroue toegerus om uit te styg bo pyn en omstandighede.

Jesus het nie net gekom om ons sondeprobleem op te los nie, Hy het ook gekom om ons heel te maak. Die boek Nóú is die tyd is ook bekendgestel.

10% van die kaartjieverkope is geskenk #HelpHetta en lesers het die projek ondersteun deur sanitêre produkte vir skoolmeisies saam te bring.