Reuk

reuk

Die Franse skrywer Marcel Proust het ‘n verhaal geskryf oor die dag toe hy ‘n madeleine-koekie geruik het – en trane in sy oë gekry het omdat hy na sy ouma en
sy kindertyd verlang het.

A la recherce du temps perdu, oftewel “Opsoek na ‘n  verlore tyd” het ‘n klassieke roman geword en sommige navorsers gebruik dit om  aan te dui dat ‘n mens se reuksintuig nou gekoppel is aan jou emosies.

In die wetenskap word reuk gereken as die oudste van die sintuie en ook die enigste
sintuig met ‘n direkte senu-verbintenis aan die brein. Dis bewys dat vroue ‘n beter
reuksintuig het as mans, toe te skryf aan ‘n beter ontwikkelde pre-frontale gedeelte
van die brein wat die reuksintuig verteenwoordig. Een van die teorieë is dat dit vir
oorlewing nodig is wanneer ma’s hul pasgebore babas moet versorg.

Mense kan ten minste een triljoen verskillende reuke identifiseer. Vanielje, sekere
lemoengeure, kaneel, waskryt en koekies is in ‘n steekproef as die gewildste
aangename geure uitgesonder. Die reuksenuwee – die enigste kraniale senuwee –
beheer liggaamsfunksies soos oogbewing, gehoor, smaak en sig.

Mense het vyf tot ses-miljoen reukselle wat elke 30 tot 60 dae vernuwe word. Met
hierdie selle kan jou neus ten minste een triljoen verskillende geure uitken, en nie
net 10 000 soos vroeër geglo is nie. Honde het 220 miljoen reukselle – 44 keer meer
as mense, juis omdat hulle vir oorlewing van hul reuksintuig afhanklik is.

Soos met vingerafdrukke, het elke mens ‘n unieke reuk wat hy afskei. ‘n Mens kan
vrees en walging ruik, sê die wetenskaplikes. Dit is bewys deur sweetmonsters te
neem by mans wat na filmtonele gekyk het wat dié twee emosies ontlok het. Die
lyftaal en gesigsuitdrukkings van vroue wat dié sweetmonsters geruik het, het vrees
en walging gewys.

‘n Afname in die reuksintuig kan ‘n vroeë aanduiding van Alzheimer’s wees omdat
dit op ‘n verlies van breinselfunksie dui. Allergieë en kopbeserings kan egter ook
jou reuksintuig beinvloed – ons weet almal wat ‘n verkoue aan jou reukvermoë
doen!

Raak ‘n slag bewus van hierdie kragtige sintuig, ‘n gawe van God wat jou ander sintuie aanvul en aan jou sien, hoor en proe geur – en kleur – gee.

Vorige artikelSuurlemoen-knoffelgarnale
Volgende artikelMiddernag Openbarings
Blogger - Lynette Beer
Lynette was ‘n direkteur in ‘n suksesvolle internasionale groep maatskappye waar sy verantwoordelik was vir bemarking en die persoonlike ontwikkelling van personeel. Sy het die temperamentmodel gebruik om ‘n nuwe produk saam te stel. In 2007 ontvang sy ‘n toekenning in haar industrie vir die mees suksesvolle besigheidskonsep en was bevoorreg om besigheidsaanbiedinge in Times Square, New York, sowel as in Londen te doen. Lynette Beer is ’n gepubliseerde skrywer van Carpe Diem Uitgewers met haar nuutste boek “Watter kleur is jou persoonlikheid” Sy het ook die “Presidential” toekenning verower by die Besigheidsvrou van die jaar funksie wat aangebied word deur die Nasionale Raad vir Sakevroue (SACBW). Besoek haar webwerf: www.lynettebeer.co.za.