Ricotta-en-suurlemoenkoekies

0
175
suurlemoen.png

Muffinpanne is nie meer net vir muffins bak nie, maar vir pasteitjies, ’n hele ontbyt én selfs aandete.

Genoeg vir 8 klein koekies of een 20 cm-koek
Tyd: 25-30 minute

BESTANDDELE
175 g sagte botter
175 g strooisuiker
gerasperde skil van 2 suurlemoene
3 groot eiers, geskei
300 g ricottakaas
130 g bruismeel
5 ml bakpoeier
versiersuiker, vir opdiening

METODE
1. Stel die oond op 180 °C. Smeer twee groot muffinpanne met 4 holtes elk.
2. Gebruik ’n voedselverwerker, en klop die botter en suiker tot lig van kleur en donserig. Voeg die suurlemoenskil, eiergele en ricotta by en klits weer teen stadige spoed.
3. Gebruik ’n ander bak en klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Vou die eierwitte liggies by die ricotta-mengsel in.
4. Vou die meel en bakpoeier in en giet in die gesmeerde muffinpanne.
5. Bak vir 25-30 minute of tot styf en goudkleurig. Haal uit die oond en laat in die panne afkoel.
6. Wanneer koud, besprinkel met versiersuiker voor opdiening.

Deur Leila Saffarian. Foto: Roelene Prinsloo bygestaan deur Nomvuselelo Mncube