rissie vir gewig afskud

0
8

1 gram rissie is wat jy daagliks nodig het om gewig af te skud. Dít is die bevinding van navorsers by Purdue Universiteit (Indiana, VSA). Die studie het bevind dat jou liggaamstemperatuur styg gedurende vertering wanneer jy klein hoeveelhede kapsaïsien – die chemiese stof wat rissies hulle “brand” gee – oor jou kos sprinkel. Dit help om meer kilojoules te verbrand. Jy sal egter nóg meer kilojoules verbrand as jy nie gewoond is aan rissie nie. Sodra jy die smaak gewoond is, sal die effek ongelukkig nie meer so groot wees nie. Eet fyngekapte rissie in slaai, stowegeregte of oor roereier.