Roerbraaihoender met heuning

1011

4 porsies

BESTANDDELE

10 ml kanola-olie
3 klein hoenderborsfilette, in dun repies gesny
5 ml fyngerasperde vars gemmer
1 bossie Chinese kool (bok choy), grofgekap
100 g babamielies, in die lengte gehalveer
50 g mangetout (snow peas)
450 g Oosterse eiernoedels
10 ml sojasous
15 ml heuning

METODE

1 Verhit 5 ml van die olie in ’n wok of swaarboompan en braai die hoender vir 3 minute of tot net gaar. Skep die hoender uit en hou eenkant.
2 Voeg die oorblywende 5 ml olie in die pan en roerbraai die gemmer, kool en babamielies vir 5 minute of tot die groente sag is.
3 Skep die hoender terug in die pan en voeg die mangetout, noedels, sojasous en heuning by. Roer die bestanddele goed deur en braai vir nog 2 minute.
4 Sit onmiddellik voor.