Romantiese atmosfeer met stylvolle tyd

0
200
tyd.jpg

Maak tyd vir goeie herinneringe saam met jou familie en vriende met hierdie Adelaide-klok in vintage-styl.

Dit is ’n fantastiese fokuspunt teen ’n eentonige wit muur in jou huis. Die raam is van gevlegte metaal en die blom-découpage op die voorkant skep ’n romantiese gevoel. Die horlosie se meganisme is battery-aangedrewe en die grootte is 30 by 49 cm.

Dit kan ook ’n unieke geskenk wees, omdat dit ’n praktiese dekoritem is wat atmosfeer skep. Die Adelaide-muurhorlosie is beskikbaar by FABULOUS, Chamberlain-weg 18, Berea, Oos-Londen, teen R335.

Skakel 071 608 4818 vir meer inligting.