Romerige gerooktesnoekpasta

0
176
snoek_resep.jpg

Jy mág maar alles in die lewe wil hê. Veral as dit kom by gesondheid én smaaklikheid. Hierdie Romerige gerooktesnoekpasta gaan jou gesin behoorlik laat smul!

Genoeg vir 4
Tyd: 18 minute

BESTANDDELE
375 g pennepasta
250 g (1 bakkie) roomkaas
100 g (1 pakkie) swart olywe, ontpit
4 sprietuie, gesnyde handvol
kersietamaties, middeldeur gesny
200 g (sowat 2 filette) gerookte snoek, grate verwyder en gevlok

METODE

  1. Maak die pasta gaar volgens die aanwysings op die pakkie en dreineer.
  2. Voeg die roomkaas by die warm, gedreineerde pasta en meng goed.
  3. Voeg die olywe, uie, tamaties en snoek by. Geur goed met sout en varsgemaalde swartpeper.
     

Bronne
Artikel: Margie Els-Burger
Fotograaf: Roelene Prinsloo
Met komplimente van Your Family