Rooibos-en-peer-hawermout

Rooibos-en-peer-hawermout  

10 min. + gaarmaak: 15 min.

2 mense

1 k rooibostee  

1 k onversoete amandelmelk  

1 k gerolde hawermout  

½ t sout  

½ t kaneel  

1 t amandelneutbotter, hoogvol  

1 e vanieljegeursel  

1 e karamelgeursel  

1 e rou heuning  

1 blikkie ingelegde pere, gedreineer 

  1. Plaas die teesakkie in ’n koppie warm water; laat afkoel.  
  1. Gebruik ’n medium kastrol, voorberei met kleefsproei.  
  1. Verhit die amandelmelk oor matige hitte tot ongeveer dieselfde temperatuur as die rooibostee. Voeg die tee en die hawermout by die melk terwyl dit heeltyd geroer word.  
  1. Voeg dan die sout, kaneel, amandelneutbotter, geursels en heuning by.  
  1. Roer goed en voeg die pere by. Roer gereeld om te verhoed dat dit brand.  

    Teken aan

    Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

    Registreer

    Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

    Deel die artikel

Méér artikels

10 min. 4-6 mense 2 blikkies keker-ertjies, gedreineer en afgespoel   2 e olyfolie   1 t sout   2 e karamelgeursel   2 e kakao, opgehoop   5 e ...

10 min. + gaarmaak: 15 min.   2-4 mense  1 sny 100% rogbrood   200 g langsteelbroccoli   200 g rosa-tamaties   100 g babaspinasie   15 g wilde roket   ...

Scroll to Top