Roosmarynworsies en kapokblomkool

0
18
blomkool.jpg

Somer is braaityd in Suid-Afrika. Maar saam met jou tjoppies of steak, is kan ’n bietjie wors beslis nie oorgeslaan word nie. Hier is ’n heerlike manier om wors as bykos te bedien.

Genoeg vir 4
Tyd: 50 minute

BESTANDDELE
95 g botter
2 groot uie, in dik skywe gesny
’n hand vol tiemieblaartjies
15 ml suiker
4 groot aartappels, geskil, gekap en gaargemaak
500 ml gaar blomkoolblommetjies
125 ml room
3 ml fyn neut
’n hand vol pietersielie, gekap
4 lamsworsies
4 lang roosmarynstingels

METODE
1 Karamelliseer die uie: Smelt 60 ml botter in ’n pan oor matig lae hitte. Voeg die uie, tiemie en suiker by en laat kook vir 30 minute of tot gekaramelliseer. Roer af en toe en geur.
2 Vir die kapokmengsel: Meng die aartappel, blomkool, res van die botter en die room tot glad. Voeg die neut en pietersielie by en geur met sout en peper.
3 Rol elke worsie op en ryg dit op ’n roosmarynstingel. Braai oor matig hoë hitte in ’n riffelpan vir 5 minute aan elke kant tot deurgaar.
4 Sit die worsies voor saam met die uie-en-kapokmengsel.

Bronne:
Resep en stilering: Margie Els-Burger & Pieter Uys, bygestaan deur Dorcas Uys.
Fotograaf: Roelene Prinsloo & Sally Chance.
Met komplimente van Your Family.