Roosterhappies

0
68
rooster_happies.jpg

Laat jou vriende en familie se monde water met heerlike Roosterhappies vir voorgereg die Kerstyd.

Genoeg vir 8-10
Tyd: 25 minute

BESTANDDELE
1 olyf- of ciabatta-brood, in snye
4 repe spek
1 knoffelhuisie, geskil
100 g mozzarellakaas, in skywe (of enige kaas wat jy verkies)
1 tamatie, gekap
handjievol basilieblare, gekap + ekstra
15 ml olyf- of avokado-olie
skeutjie suurlemoensap
sout en peper

METODE
1. Stel die oond op 180 °C. Plaas die brood en spek op aparte bakplate en bak 5-10 minute, of tot sowel die brood as die spek bros is.
2. Vryf elke sny brood met die knoffel in.
3. Meng die res van die bestanddele in ’n bak en geur goed.
4. Skep dit op die roosterbrood, plaas stukkies spek en ekstra basilieblare bo-op en sit voor.

Stileering deur Leila Saffarian. Foto’s: Graeme Wyllie