Rou kakao vir gesondheid

849
Izelle Hoffman
Izelle Hoffman, leefstylsjef

Cacao en cocoa … is albei van kakaobone afkomstig. Eersgenoemde is die rou, meer onverwerkte produk (ook bekend as rou sjokolade).

Dit is propvol nutriënte en is gewoonlik in die meeste gesondheidswinkels beskikbaar.

Rou kakao gee die liggaam ’n hupstoot en dit stel goedvoelhormone vry. Dit bevat 40 keer meer antioksidante as bloubessies, meer kalsium as wat jy uit suiwelprodukte sal kry en is ’n goeie bron van yster, sowel as magnesium. Verder kan dit help om die lewer te detoks en dien as ’n antidepressant.

Cacao is ideaal as ’n gesonde versnapering. Mense wat sensitief is vir stimulante moet egter nie groot hoeveelhede hiervan eet nie, want rou kakao kan jou hartklop versnel.

Resepte wat sjokolade-geure bevat is baie gewild. Daarom deel ek my sjokoladeresepte sodat jy steeds die lekkerte daarvan kan geniet sonder om ná die tyd sleg te voel.

Vir ontbyt is daar sjokolade-granola, sjokoladepofrys, plaatkoekies en selfs ’n skommeldrankie (smoothie) met geroosterde patat en sjokolade. Vir die kuiertafel is daar ’n sjokolade-hoemoesresep wat saam met enige bros beskuitjies en/ of vrugte soos aarbeie, bloubessies en ander bessievrugte, piesang, neute en selfs gedroogde vrugte voorgesit kan word.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.