Ruik die koffie en deel die sonskyn!

0
1047

Montagu Droëvrugte en Neute brei hulle reeks van kwaliteitprodukte nou nog verder uit.

Die nuutste toevoeging tot dié produkfamilie wat die ‘Sonskyn Deel’ met verbruikers is ryk premium 100% Medium Roast Arabicakoffie, perfek gerooster om heerlike ryk en aromatiese koffiegenot te verseker.

Montagu Droëvrugte en Neute se nuwe koffiereeks bied twee variëteite van ‘Medium Roast 100% Arabica Coffee’: ʼn Signature Blend Coffee Beans-pakkie, sowel as ʼn Signature Blend Ground Coffee-opsie. Dit is die perfekte drinkgoed vir mense wat ly aan prokafeïenering – die gewoonte om met niks te begin voor jy nie ʼn ordentlike koppie koffie geniet het nie.

Die Afrika Koffiegordel is die bron van Montagu se premium Arabicakoffie. Deur die Montagu Signature Coffee Blend te koop sal jy die ontwikkeling ondersteun van gemeenskappe wat die bron is van Afrika se keurkoffies: dié boere en hulle families sal baat by ʼn gedeelte van die wins op elke pakkie wat verkoop word. Montagu se 100% Arabicakoffie is ʼn produk van Uganda en Rwanda en dit word in Suid-Afrika verpak.

Die ‘Medium Roast 100% Arabica Coffee Signature Blend Coffee Beans’ en ‘Ground Coffee’ se verkooppryse is R69.90 elk en dit is landwyd by Montagu Droëvrugte en Neute -winkels beskikbaar.

*Arabicakoffie staan ook elders in die wêreld bekend as “die Arabiese koffie”, “die koffiestruik van Arabië”, en ook as “bergkoffie”. Dit was blykbaar die eerste spesie koffie wat gekultiveer is. Die eerste geskrewe rekords van koffie wat van geroosterde bone gemaak is, is gevind in geskrifte van Arabiese geleerdes wat geskryf het dat dit dit nuttig was om hul werksure te verleng.

BESTE KOFFIEBROUWENKE

ʼn Paar goeie idees om in gedagte te hou as jy ʼn filtermasjien of dompelkoffiepot (‘plunger’) gebruik:

– As jy die heel koffiebone gebruik, moet jy dit fyn maal net voor jy jou koffie boeretroos maak, dit sal verseker dat jy ʼn beter koppie koffie kan geniet as wanneer jy voorafgemaalde koffie gebruik.

– Verhit die water tot tussen 94˚C en 97˚C (net voor dit kookpunt bereik).

– Gebruik 1 – 2 eetlepels gemaalde koffie per 220ml-koffie en pas dit volgens jou persoonlike voorkeure aan, so meer koffie vir ʼn sterker koppie koffie en minder vir een wat meer gematig is.

– Die ideale broutyd is tussen vier en vyf minute.