Ruik die koffie

Toe Jesus op die aarde was, maak Hy die volgende statement van Jesus in Matteus 25:57 Besef julle nie hoe laat dit al op God se groot horlosie is nie?

Eintlik probeer Jesus die ouens wakker skud en sê: “Boys, word wakker en ruik die koffie. God se nuwe wêreld is aan die kom en julle besef dit nie. Julle hou julle die heeldag besig met goed wat niks met die Here se dinge te doen het nie. Inteendeel! Julle mors. Julle trap op mense. Julle sleep die een ou na die ander voor die hof. Julle wil net hê. Julle wil net vat. Dis waar julle energie ingaan. En terwyl julle so besig raak met die aardse belange gaan die hele skip met God se nuwe wêreld verby. As julle die dag uiteindelik wakker skrik, is dit heeltemal te laat en het julle die boot verpas.”

Jy kyk dalk in die spieël van jou eie lewe en sien nie die groter prentjie nie. Jy besef nie dat jy opgeslurp en ingesluk word in die wêreldse dinge nie. Ja, in ons verkeerde dade, in die najaag van verkeerde drome stap ons dade ook in die pad af.

Pasop, want netnou word ons met ons eie slap riem gevang en sit ons agter die tronktralies van ons eie selfsugtige begeertes, planne en stories.

Maak ’n plan, word wakker en geniet die koffie.