Salami-quiche met papawersaadkors

0
71
quiche.jpg

Is jy ook al lankal lus vir ’n quiche? Met Argilla is dit nie net maklik nie, maar vinnig en smaaklik!

Genoeg vir 4-6 persone
Tyd: 1 uur 15 minute

BESTANDDELE

Kors
15 ml papawersaad
250 ml koekmeel
250 ml cheddarkaas, gerasper
125 g margarien

Vulsel
30 ml groen soetrissie, fyngekap
20 g margarien
8 skywe salami, gekap
sout en peper na smaak
190 ml cheddarkaas, gerasper
1 pakkie Knorr Garlic & Herb Potato Bake

200 ml suurroom
2 eiers
180 ml melk

METODE
1. Meng die bestanddele vir die kors saam en verdeel dit tussen vier lasagne-bakkies.
2. Mikrogolf die soetrissie en margarien in ’n Klein Klassieke Roosterbak vir 3 minute. Voeg die salami by en roer deur.
3. Versprei die mengsel oor die rou kors en geur met sout en swartpeper. Strooi kaas bo-oor.
4. Meng die Potato Bake met die suurroom. Voeg die eiers en melk by en roer tot glad.
5. Giet die mengsel versigtig oor die kaas en bak by 180°C vir 45 minute totdat die vulsel gestol het. Laat 10 minute afkoel.