Salmfilette in papiersakkies

0
337

BESTANDDELE:

4 ronde perkamentvelle, 30 cm deursnee
4 salmfilette met die vel aan
2 e vars dilletakkies
2 medium suurlemoene, in dun skywe gesny
2 e gedreineerde baba-kappertjies
suurlemoensap
B-well Chilli Oil en Lemon Oil
B-well Gourmet Mayo

METODE:

1. Stel die oond op 200 °C.
2. Plaas die salm op ’n bed van suurlemoenskyfies op die perkamentpapier.
3. Geur en bedek elke filet met die dilletakkies, suurlemoensap en B-well Lemon Oil.
4. Vou die papier oor die vulsel om dit te bedek en vou die rande in om dit te seël. Plaas op ’n groot bakplaat.
5. Bak vir 12 minute of tot die salm net deurgaar is.
6. Panbraai die kappertjies met die B-well Chilli Oil en plaas eenkant.
7. Vir die dille-mayonnaise: Meng die B-well Gourmet Mayo met die dille, speserye en suurlemoensap.
8. Dien die gaar salm op met die kappertjies, dille-mayonnaise en ’n slaai.