Sarahann Doherty se babakamer

0
89
sa.png

Sarahann wys vir ons haar gunsteling goed in Leroux se klein koninkryk.

My seuntjie moet soms medisyne vir sy longetjies drink. Hierdie twee gedroggies met hul vrolike gesiggies help my baie om daardie nare goed by sy mondjie in en by sy keeltjie af te kry. Dankie, ouens!

Foto1.png

Leroux se gunsteling kombersie, die enetjie waarna hy soek wanneer dit slaaptyd is.
 
 

Foto2.png

lyn_3.png

My grootseun se trotse naam teen die muur geverf. Hy dra die familienaam, sy pappa se tweede naam.

Foto3.png

Leroux se speelmaats, sy spat en spartel-maatjies wat van badtye skaterlag-prettye maak.

Foto4.png

lyn_3.png

Ek is mal oor hierdie stootwaentjie wat eers aan my boetie behoort het. Nou ry hy die wêreld plat daarmee.

Foto5.png

’n Paar trappers wat vir niks skrik nie. Op hierdie stadium nog ’n bietjie groot vir daardie voetjies van hom. Maar gee kans – hy gaan nog diep spore daarmee trap!

Foto6.png

lyn_3.png

Laat ek julle voorstel aan Hond, ’n getroue kameraad en Leroux se gunsteling. Daardie ore van Hond is nie verniet so lank nie, dis ore wat kan raas! Pure magic vir ’n seunskind van sowat sewe maande!

Foto7.png

Leroux se eerste wiele. Hy’t nog nie ’n bestuurslisensie hiervoor nie en kan nog nie die waentjie heeltemal baasraak nie, maar hy jeuk om dit te doen en speel intussen heerlik daarmee.

Foto8.png