Sê dankie en verander ’n lewe

0
87
dankie.jpg

Wanneer die jaar einde se kant toe staan en jy terugkyk na die maande wat verby is, kan ’n mens nie help om dankbaar te wees nie. Sê saam met ons dankie aan dié wat jou hart geraak het hierdie jaar.

’n Onderwyseres het een keer besluit om die kinders in haar klas te seën deur vir hulle dankie te sê vir wie hulle is. Sy het vir elkeen ’n pragtige lint van erkenning gegee, en gevra dat hulle 2 ander linte self uitdeel. Die storie is hartroerend, en ons wil hê jy moet saam met ons dieselfde doen.

Kyk die video deur hier te kliek

Nou is dit jóú beurt! Ons het vir jou ’n bladsy met kaartjies gemaak wat jy kan uitdruk, uitknip en aan iemand oorhandig. Gee vir een persoon ’n “Dankie-kaartjie” en vertel vir hom/haar hoekom hy/sy in jou lewe ’n verskil gemaak het in 2013. Gee dan die 3 ander kaartjies ook vir hulle en vra om dieselfde te gaan doen.
Kry jou “Dankie-kaartjies” hier.

Op elke kaartjie is die link na hierdie bladsy. As iemand vir jou só ’n “Dankie-kaartjie” gegee het, kom deel asseblief met ons wat dit vir jou beteken het.