Sing om ‘n pensioen te kry

0
25
pension.png

‘n Verswakte 87-jarige vrou van Newcastle is gedwing om oor ‘n openbare interkomstelsel te sing voordat die staatsamptenare haar pensioen aan haar wou oorhandig. Aanvanklik het sy gedink dat die amptenaar net ‘n grappie maak, maar ‘n mikrofoon is in haar hand gedruk terwyl al die personeellede toegekyk en gelag het. Sy het toe “happy birthday” onder groot gelag gesing. Dit het al verlede maand gebeur, maar sy het te verneder gevoel om daaroor te praat.

Ek wou eers in hierdie bloginskrywing gesels oor mense se neiging om ander mense te verneder, maar kom ons draai dit eerder om en gesels in positiewe terme hoe ons mekaar kan bou in plaas daarvan om mekaar af te breek.  Niemand hou daarvan om afgebreek of afgekraak te word nie. Almal waardeer ‘n kompliment. Dit beteken nie ons moet heuning om mekaar se mond smeer nie. Maar ons kan mooi goed vir mekaar en oor mekaar sê. Elke mens smag na erkenning, en ‘n positiewe woord kan iemand anders se gemoed dalk soveel lig. Spreek woorde van seën oor mense uit. Dit is mos lekker om te sien dat iemand weer goed kan voel oor homself of haarself omdat jy iets positiefs vir die persoon gesê het. En laat die hantering van mense ook wys dat jy hulle respekteer.

Romeine 15:2 sê: Elkeen van ons moet aan ons naaste dink en aan wat vir hom goed is en wat hom in die geloof kan opbou.