Sit ’n bietjie “moo” in jou melkbeker

0
70
melkbeker.jpg

As jy dalk nog altyd ’n koei wou gehad het vir melk, kan jy nou hierdie een koop!

Dit kos nie naastenby soveel soos ’n regte koei nie. Hierdie byderwetse melkbeker van porselein en met ’n fyn blompatroon versier, verander teetyd in ’n prettige geleentheid. Nie net is dit veilig in jou skottelgoedwasser nie, maar dit het ook ’n drupvrye tuit. Dink net hoe jaloers jou vriendinne op jou oulike koei gaan wees …

Teen slegs R220 is dit die ideale geskenk vir jouself.

Besoek www.gifthaus.co.za vir meer inligting oor hierdie melkbeker en ander geskenke of skakel Colleen by 083 627 5493.