Sjokolade-modderkoek

0
304
sjokolade_koek.png

Hierdie dekadente sjokolade resepte is presies wat jy nodig het om jou manlief oor Valentynsdag te bederf. Hy gaan beslis uit jou hand uit eet …

Genoeg vir 15
Tyd: 2 ure

BESTANDDELE:

Vir die koek
625 ml strooisuiker
250 g donkersjokolade, gekap
250 g botter, gekap
180 ml espresso
125 ml suurroom
4 eiers, liggies geklits
10 ml vanielje-essens
375 ml bruismeel
180 ml kakaopoeier
Knippe sout
250ml gemaalde amandels

Vir die ganache
200 g donkersjokolade, gekap
125 ml room
Marascino- of vars kersies vir versiering (opsioneel)

METODE:

  1. Voorverhit die oond tot 160°C. Voer ’n ronde 23cm-koekpan met bakpapier uit.
  2. Vir die koek – verhit die suiker, sjokolade, botter en koffie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Roer vir 3-5 minute tot glad en gesmelt. Plaas eenkant om af te koel. Meng die suurroom, eiers en vanielje en roer dit by die afgekoelde skokolademengsel in. Sif die meel, kakaopoeier en sout saam. Meng die amandels by. Roer die meelmengsel nou stadigaan by die sjokolademengsel, tot net gekombineer. Giet in die voorbereide koekpan.
  3. Bak vir 1 uur en 25 minute of tot gaar, met ’n paar klam krummels wat aan ’n toetspen wat in die middel gesteek is, klou. Plaas eenkant, in die pan, vir 20 minute om effens af te koel en keer dit dan op ’n draadrak uit.
  4. Vir die ganache – verhit die sjokolade en room in ’n kastrol oor lae hitte vir sowat drie minute. Roer elke 30 sekondes tot glad. Plaas eenkant om af te koel todat die digtheid daarvan smeerbaar is. Smeer bo-oor die koek en laat dit teen die kante afloop. Versier met kersies indien verkies.
     

*Verhoed dat die koek te veel verbruin deur dit liggies met foelie te bedek gedurende die laaste 20 minute van die baktyd.

Met komplimente van Food & Home Entertainment en Your Family