Sjokoladeplaatkoekies

510

10 min. + gaarmaak 10 min.
4 plaatkoekies

BESTANDDELE

280 ml eierwit (ongeveer 8 eierwitte) of 4 heel eiers
2 e fyngemaalde vlassaad (ook bekend as vlasblommeel), opgehoop
1 e amandelmeel, opgehoop
1 e rou kakao, opgehoop
1 t karamelgeursel
1 t vanillageursel
1 g woestyn- of pienk sout
1 e rou heuning

Vir opdiening
amandelneutbotter rou heuning piesang amandelvlokkies of -skaafsels sprinkeling rou kakao

METODE

1  Plaas al die bestanddele in ’n skommelbottel met ’n balletjie en skud goed vir ongeveer 60 sekondes.
2  Berei ’n pan voor met kleefsproei en verhit oor matige hitte.
3  Skep die beslag in die pan met ’n eetlepel, ongeveer ’n kwart van die mengsel per plaatkoekie. Bak tot goudbruin en gaar.
4 Sit voor met amandelneutbotter, rou heuning, piesang, amandelvlokkies en ’n sprinkeling rou kakao.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.