Sjokoladepofrys

10 min. + baktyd 15 min.
8-10 mense

BESTANDDELE

100 g wit gepofte rys
100 g bruin gepofte rys
Vir die sjokoladesous
1 e karamelgeursel
1 e vanillageursel
2 e olyfolie
4 e rou heuning
50 g amandelneutbotter
3 e rou kakao, opgehoop
2 t woestynsout

METODE

1. Stel die oond op 150 °C. Berei ’n bakplaat voor met kleefsproei.
2. Meng die wit en bruin pofrys saam in ’n mengbak.
3. Meng die bestanddele vir die sjokoladesous in ’n bakkie tot egalig gemeng.
4. Voeg by die rys en meng goed.
5. Plaas op bakplaat en bak vir 8 minute in oond, roer en bak vir nog 7 minute.
6. Laat afkoel vir ten minste 45 minute.
7. Bêre in ’n lugdigte houer.

Izelle HoffmanIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.