Sjokoladetert

0
115
sjokolade_tert.jpg

Kersfees is nie dieselfde sonder sjokolade nie ... Bedien ’n Sjokoladetert waaraan jou gaste gaan smul.

Genoeg vir 8-12
Tyd: 20 minute

BESTANDDELE
200 g Tennisbeskuitjies, fyngemaak
125 g botter, gesmelt
2 x 397 g blikkies kondensmelk
300 g donkersjokolade, gekap
gemengde bessies, geklopte room of vanieljeroomys, vir opdiening

METODE
1. Meng die fyngemaakte beskuitjies met die gesmelte botter. Druk die mengsel in ’n 28 cm-tertbak vas en plaas in die yskas.
2. Gooi die kondensmelk in ’n kastrol en laat 3 minute lank oor matige hitte kook terwyl dit aanhoudend geroer word.
3. Verwyder die kastrol van die hitte en roer die donkersjokolade deur tot glad.
4. Giet die mengsel in die tertkors en laat dit in die yskas stol, minstens 2 uur.
5. Sprinkel die bessies bo-oor en sit voor met geklopte room of vanieljeroomys.

Deur Margie Els-Burger by gestaan deur Nomvuselelo Mncube. Foto’s: Dawie Verwey