Skaamte se dood

Die groot voorreg
Wat ek het
Om als met Pappa te deel
Die goed maar ook die sleg

Liefste wêreld
Besef julle die wonder
Die wonder om na Pappa te hardloop
En al die skaam met Hom te deel

Dis te veel kere sê Daddy-God
My kinders
Dat julle bly wegkruip
Met die verkeerd wat julle doen

Kinders sê Pappa
Liefste kinders van My hart
Pappa wil julle kom wys
By My is daar geen veroordeling nie

Hierdie wêreld
Kry dit so reg sê Abba-God
Om julle te skei van My
Om julle te vertel julle moet self met julle sonde deel

Kinders sy vertel vir julle
So gereeld
Die hoer van hierdie wêreld
Die verkeerde manier

Sy vertel vir julle, julle moet bly wegkruip
In die skaam-wees bly sit
Tot julle My liefste kinders
In soveel waardeloosheid sit

Liefste liefste kinders
Sê Pappa-God
Myne, Myne
Kom asseblief na My

Kom laat toe sê Pappa
Dat My liefde met julle skaamheid deel
As julle net kon verstaan
Ek wil julle so graag vry hê

Vry van haar aantuigings
Vry van haar beledigings
Skuld-op-julle-bly-pak
Dis al wat sy doen

Liefste kinders sê Daddy-God
My waardevolle kosbare kinders
Kom asseblief na Daddy
Laat Ek julle wys, hoe lyk vryheid vir My

Dis jy wat jou hart met My bly deel
Kind dis hoe Ek jou vry maak
As jy als vir My vertel
Ook hoe skaam jy oor sekere dinge in jou lewe voel

Oe besef julle
Pappa se kinders
Ek’s by julle
Elke keer as julle voor sonde val

Julle besef dit nie gereeld
Maar liefste kinders
Daddy is daar
Gereed om julle uit die put van selfveroordeling te help

Julle moet asseblief sê Daddy-God
Nie bly wegkruip
Kinders dit help nie
Die donkerte waarin julle bly sit

Oe kinders sê Pappa-God
Oe kinders
Daddy wil julle vra
Kom asseblief na My

Kom kyk hoe lyk vryheid vir My
Kom vind uit
Asseblief liefste kinders
Daddy wil julle vry hê.

Jy kan die volle posstuk hier lees… https://ankervanhoop.com/2018/01/09/skaamte-se-dood/

Vorige artikelNuusbrief vir vroue
Volgende artikelIn ‘n oogwink kan alles verander
Blogger - Letitia Pienewald
Letitia Pienewald is ‘n doodgewone mens wat die wonder van hartsintimiteit met God ontdek het en ander graag help om dit ook te vind. Daar was ‘n honger in my hart na meer van Jesus en toe vra ek Hom vir meer. So is die blogs King of Kings en Anker van Hoop gebore. Ek het begin om gediggies van God neer te skryf maar dis nou al veel meer. Dis ‘n voorreg om my pad saam met die Here met julle te deel. ‘n Gebed is dat my en jou bewondering vir God altyd nuut en vars sal bly. Verder is ek lief vir die lewe en so dankbaar vir genade en hoop, waarsonder ek nie kan nie.