Skep drama met beligting

0
57
rochester.jpg

Waag ’n bietjie! Hierdie asemrowende lamp van Rochester (beskikbaar teen R1 199) het ’n helderpienk glasbasis met chroomdetail en word gekomplementeer deur die pers satynlampskerm.

Dis ’n fantastiese lamp vir ’n tafel en die perfekte manier om dramatiese kleur by jou dekor in te bring. Dit kan as ’n bedlampie gebruik word of om atmosfeer in jou eetkamer, woonkamer of ingangsportaal te skep. Dis dramaties maar nie oordadig nie en verleen interessantheid sonder om oordadig te wees.

Dis ’n tikkie speels, dog baie elegant. Die stylvolle afwerking gee dit ’n moderne gevoel, terwyl dit steeds klassiek is.

Besoek www.rochester.co.za om jou naaste tak op te spoor.