Skep ’n sprokie met dié afskorting

0
262
tintown.jpg

Wat ’n fantastiese skepping! Hierdie boom-geïnspireerde afskorting skep ’n rustige, sprokiesagtige atmosfeer.

Dit verleen karakter en ’n droomkwaliteit aan enige vertrek. En hoekom nie? Beskikbaar vanaf R3 500 by www.tintown.co.za. Alles by Tintown is ’n klein bietjie ongewoon, dog eg Suid-Afrikaans. Hulle glo nog daaraan om alles op die “ou” manier te doen – elke ontwerp begin op papier en ontvang dan die liefde en aandag wat dit nodig het om deel van hulle oulike reekse te word.

Net die hoogste standaarde word gehandhaaf. Die inspirasie vir hulle produkte kom uit die natuurskoon, en ’n mens kan nie help om met verwondering te kyk na alles waarmee hulle vorendag kom nie.