Skep só jou suksesplan

366
Mickey Roothman
Mickey Roothman

Soos met die meeste dinge in die lewe, is sukses iets waarvoor jy moet voorberei.

Jou toekomstige welslae word bepaal deur die aksies wat jy vandag neem.

Elkeen van ons se prentjie van welvarendheid is anders. Ons doelwitte verskil en so ook die maatstaf wat ons gebruik om die resultate te meet.

Dink vir ’n oomblik oor wat sukses vir jou beteken. Is dit om ’n spesifieke titel of toekenning te behaal? Of dalk om ’n gemaklike inkomste te verdien deur jou passie uit te leef en tyd saam met jou gesin deur te bring?

Harde werk en deursettingsvermoë is belangrik, maar sonder die regte karaktereienskappe en bekwaamheid kan jy nie jou doelwitte behaal nie. Oprah Winfrey sou byvoorbeeld nooit die voorspoed wat sy vandag geniet, kon behaal sonder ’n gesonde selfbeeld en professionele sprekersvaardighede nie.

Om jou suksesplan te skep, maak ’n lys van die kenmerke en vaardighede wat jy benodig om jou drome te verwesenlik. Watter hulpbronne, kursusse, klasse of mentors kan jou help om dit te ontwikkel?

Stel vir jouself sperdatums waarteen jy elke teiken wil bereik en neem dadelik aksie. Begin lees, skryf in vir daardie kursus en begin jou gekose mentors volg!

Daar is ’n groot verskeidenheid bekostigbare gesertifiseerde aanlyn kursusse wat jy op jou eie tyd kan voltooi.

Mickey Roothman, Besigheidstransformasie-afrigter