Skilferkors-, sjokolade-en-vye-stapels

0
73
sjokolade_en_vye.png

Hierdie dekadente sjokolade resepte is presies wat jy nodig het om jou manlief oor Valentynsdag te bederf. Hy gaan beslis uit jou hand uit eet ...

Genoeg vir 4
Tyd: 30 minute

BESTANDDELE:

2 groot klaargerolde skilferkorsdeegvierkante
60 ml versiersuiker

Sjokoladesous
300 g donkersjokolade
250 ml vars room
2,5 ml vanielje-ekstrak
4-6 ryp vye, in skywe gesny
Versiersuiker, vir bediening

METODE:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C en voer twee bakplate met bakpapier uit.
  2. Plaas die deegvierkante op ’n skoon oppervlak en sny in kwarte. Plaas die vierkante op die voorbereide bakplate en steek met ’n vurk. Bestrooi met die versiersuiker en bak tot goudbruin, sowat 12-15 minute. Haal uit die oond en plaas eenkant om af te koel.
  3. Vir die sjokoladesous, meng die bestanddele in ’n klein kastrolletjie en smelt versigtig oor lae hitte. Die sous moet dik en glansend wees.
  4. Om te bedien, plaas een deegvierkantjie op ’n bord en bedruip met die sjokoladesous. Plaas nog ’n vierkant bo-op en giet weer sous oor. Rangskik die vyeskywe bo-op en bestrooi liggies met versiersuiker.

 

Met komplimente van Food & Home Entertainment en Your Family