Skitterwit glimlag met I love my smile

156
I love my smile

Jou tande kan jou ouer laat lyk, of jou selfvertroue ’n hupstoot gee. Gelukkig is ’n skitterwit glimlag ons almal beskore – veral as jy aanklop by I love my smile.

Dit is alombekend dat sigarette, koffie, tee en rooiwyn jou tande kan vlek, maar donkerkleurige vrugte soos bloubessies, asook tamatie- en braaisouse is ewe skuldig. Hierdie kosse en drinkgoed moet liefs vermy word wanneer jy besig is met ’n tandbleikingsproses, maar ook as jy jou tande wit wil hou daarna.

Dis ook ’n goeie gewoonte om jou mond met water uit te spoel direk na ete, of om suikervrye kougom tussen maaltye te kou. Dit help om speekselvorming te stimuleer, wat tande skoon hou.

Professionele Zoom-bleiking gee onmiddellike resultate na slegs twee uur in die stoel, want ’n lig word gebruik wat die bleikingsreaksie versnel. In-stoel bleiking maak ’n groot verskil in kleur, en bied ook die beste resultate indien dit opgevolg word met een of twee weke se professionele tuisbleiking.

Professionele tuisbleiking behels bleiking by die huis met ’n stel bleikingslepels wat volgens jou tande se vorm gemaak is. ’n Goeie bleikmiddel (soos Zoom DayWhite of Zoom NiteWhite jel) word binne en bo-oor die tande geplaas vir twee 15 minuut-sessies per dag, of oornag vir vier tot ses uur.

Tuisbleiking is meer geleidelik en ’n goedkoper alternatief, maar dit vat langer (twee tot vier weke) as in-stoel bleiking.

Oor-die-toonbank bleikingsprodukte help om tande wit te hou, maar professionele tandbleiking is steeds die beste opsie vir ’n veilige en groot kleursprong. Omdat die verkeerde gebruik van bleikmiddels die tandvleis kan brand, is dit beter om eers ’n tandheelkundige te raadpleeg.

Professionele bleiking by I love my smile word gedoen met goednagevorsde produkte, en die nodige voorsorg word getref om sagte weefsel te beskerm. ’n Goeie skoonmaak en ondersoek voor die tyd sorg verder dat daar vanaf ’n gesonde fondasie gewerk word.

Bleiking kan lei tot tandsensitiwiteit, maar dit is nie blywend nie en behoort tussen een en drie dae te verdwyn nadat die bleiking gestaak is.

I love my smile bied ’n Philips Zoom Whitening for Life-program. Hiervolgens kwalifiseer jy, ná jou in-stoel Zoom-bleiking, vir gratis bleikmiddel om wit tande in stand te hou. Die enigste voorwaarde is dat jy elke ses maande die praktyk moet besoek vir algemene mondhigiëne.

ilovemysmile.co.za l 012 348 0665