Skoonheidstruuks vir daardie ekstra minute

0
50
skeer_beenhare.jpg

As ma, eggenoot en iemand wat ’n voldag se werk verrig, is jy gewoond daaraan om twee dinge gelyk te doen. Hier is drie idees om jou tyd nog beter te gebruik.

In die tyd wat dit jou neem

... OM ’N VLIEGKAARTJIE TE BESPREEK
10 minute
Steek grys hare weg
As jy gelukkig genoeg is om net hier en daar ’n grys haar te hê, kan jy dié onooglikheid met ’n haarkleurstafie bedek. Dit is ’n pen met ’n kwaspunt waarmee jy die uitwasbare kleurroom aan jou grys hare of donker wortels verf. Kam jou hare deur en siedaar! Die grys is oombliklik weg. Gebruik Cover Your Gray Root Touch-Up (R29,95 verkrygbaar by Dis-Chem).
hare_kleur.jpg
... OM JOU BEENHARE TE SKEER
5 minute
Doen ’n mini-facial

Verby is die dae dat gesigsmaskers ’n morsige aansmeer-affêre was wat daarna van jou gesig afkrummel. Deesdae dra jy ’n ovaal gesiglappie met openinge vir jou oë, neus en mond wat deurtrek is met velvoedende bestanddele. As jy dit afhaal, lyk jou gesig vernuwe en gloeiend.
Kry die Skin Republic Brightening Vitamin C Face Mask (R34,99 verkrygbaar by Edgars, Red Square en Dis-Chem).
skeer.jpg
... OM JOU SKOENE AAN TE TREK
15 sekondes
Verbloem donker kringe

’n Goeie verbloemroom sal nie net die donker kringe onder jou oë verhelder nie, maar ook ’n terapeutiese uitwerking op hierdie delikate area hê. Dit behoort enige pofferigheid te lawe asook lig van die fyn plooitjies af weg te kaats. Water, komkommer en minerale streel jou oogarea en is die bestanddele in Almay Wake Up Under Eye Concealer (R165 verkrygbaar by uitgesoekte kettingwinkels).

 

skoene.jpg

Geskryf deur Ryno Mulder