Skryf saam aan ’n Bybeldagboek

0
85
skryf_saam.png

Wou jy jou skryfwerk nog altyd met ander deel? Skryf saam aan ʼn Bybeldagboek en maak ʼn verskil in ander se lewens.

Jy het hulle seker al almal gelees! Een van daai klein geskenkboekies met dagstukke in, wat jou elke oggend vir ’n jaar lank krag gee vir die dag. Die enigste probleem is dat jy nie altyd jouself heeltemal kan vereenselwig met die bekendes wat dit geskryf het nie.

Sou dit nie vir jou baie lekker gewees het om vir ’n slag te hoor wat in die harte van ander gewone vroue aangaan nie? Te hoor wat dit is wat hulle deur die dag dra en dalk selfs jou eie gedagtes hieroor te deel …

Dalk het jy al sulke boeke gelees en gedink dat jy self ook baie het om te sê … of dit dalk beter sou kon sê. Of dalk het jy ’n talent en passie vir skryf wat jy onder die maatemmer bêre omdat jy nie seker is wat om daarmee te doen nie. Jy het dalk ook al talle keer jou briefie ingestuur na ’n tydskrif en gedroom dat hulle jou sal nader om meer te skryf, maar sonder sukses.

Jy het nou die geleentheid om jou eie skryfwerk in boekformaat met die wêreld te deel! bybeldagboek.pngFINESSE se beweging Vroue Wat Glo nooi lesers om hulle gunstelingteksverse in die vorm van dagstukkies in te stuur vir ’n splinternuwe boek, Vroue wat Glo Bybeldagboek. Al wat jy hoef te doen, is om die boodskap wat die Here in jou hart gesit het, in ’n oulike dagstukkie te formuleer en dit vir ons te stuur.

HOE OM IN TE SKRYF

Vir méér inligting oor hoe om in te skryf, die keuringsproses en so meer, KLIEK HIER. Die keerdatum vir dagstukke is 31 Mei 2012.