Slangetjies en Leertjies

As kind was dit vir my die lekkerste om op ‘n reënerige dag of koue wintersdag plat op die mat te sit en bordspeletjies te speel. Onder andere “Slangetjies en Leertjies”.

Jy skommel en skud die dobbelsteen en maak jou skyf.  Jy beland dalk voor ’n leertjie en klim. Maar ai tog, as jy al tot bo gevorder het met die leertjies en jy beland met die volgende skuif voor ‘n slangetjie se bek… Of dit ‘n kort of ‘n lang slang is, maak nie saak nie, jy word in gesluk.  Met lang slangetjies word jy tot heel onder by die begin uit gespoeg en dan is jy sommer kwaad, want jou mededinger gaan jou verby vat en die spel wen.

Die lewe is ook maar ‘n dobbelspel. Deurentyd vol keuses en die keuses wat jy maak bly altyd jou eie. Sien God het ons ‘n vrye wil gegee – niemand kan besluite namens jou maak nie en ongelukkig weet ons ook nooit of ons die regte keuse maak nie.

God is Almagtig maar daar is twee dinge wat Hy nie kan doen nie.

  1. Hy kan nie op Sy woord terug gaan nie.
  2. God kan jou nie dwing om in Hom te glo nie. Die besluite bly jou eie.

Daar is voorspoed en teëspoed in elkeen van ons lewens.  Baie keer dobbel jy met jou eie omstandighede in jou lewe. Jy kan die hoogste leer klim en in ’n oog wink kan jy jou self te pletter val van die leer. Maar dis nie hoe jy van die leer af val wat saak maak nie, maar hoe jy opstaan.

Ondervinding het my geleer om nie te gaan sit en jou stukkende wonde te vryf nie. Die lewe het my self al gegooi dat ek daar trek, my self besimpeld geval maar dan begin ek die ou uitmekaar gebeendere weer bymekaar hark op staan. Sien, daar word altyd ‘n Hand na jou uitgesteek om jou weer en weer op te help. Sy arm is nooit te kort om jou te help nie, hou net stewig vas.

Al stamp die ou vyand jou ook hoeveel keer van die leer, God bly altyd in beheer.

Vorige artikelRoei jou skuldlas uit
Volgende artikelDie hart van God – vroue in sending
Blogger - Lalie Kiesling
Ek is 52jr en ek moet sê, ek was nooit op skool goed met opstelle en sulke goed nie. My ma moes maar altyd inspring en help. Maar soos die tyd aangestap het, het ek al hoe meer gedagtes gekry, meestal oor geloof. Ek weet nie of dit ‘n gedagte is of deur die Heilige Gees aan my gegee is om met mense te kan deel nie? Ek het begin om my briefies aan Leef, Finesse en Keur tydskrifte te stuur, want ek wou so graag die gedagtes met iemand deel. Ek weet dat hulle nie altyd jou goed in die tydskrif kan plaas nie, maar ek het darem ‘n paar geskenkies gekry vir die beste brief. Maar dis nie vir my belangrik nie. Net die idee dat iemand dit kan lees en dalk daaruit iets vir hulself kan vat is vir my belangrik.