Slegs een besluit weg?

515

Dit is nie maklik om jou leefstyl te verander nie. Ons leer slegte gewoontes met moeite af en kweek goeie gewoontes oor ’n lang tyd aan.

As dit jou twee jaar gevat het om die gewig aan te sit, gaan dit jou ten minste twee jaar vat om dit af te skud en af te hou.

Vir elke drie treë wat jy vorentoe beweeg, gaan jy waarskynlik twee treë terug gee.

Moenie moed opgee nie. Vier jou vordering en vergeet so vinnig moontlik van jou mislukkings.

Herinner jouself gereeld daaraan dat jy slegs een positiewe besluit – en een ete – weg is van ’n gesonder lewe.

Jou sukses word nie gemeet aan die kere wat jy misluk nie, maar aan elke keer wat jy jou kop optel en uit jou foute leer.
 

Laetitia Dee, Redakteur, Nuwe Jy

Kliek hier vir meer videos en artikels deur Laetitia.