Snoektert

0
839

BESTANDDELE

KAASKORS
250 g koue botter, gerasper
250 ml koekmeel
5 ml sout
250 ml cheddar, gerasper

VULSEL
25 ml gerasperde ui
25 ml botter
100 ml koekmeel
100 ml botter
1 liter (4 x 250 ml) melk
10 ml mosterdpoeier
1,5 ml rooipeper
sout en witpeper na smaak
250 ml cheddar, gerasper
3 eiers, geklits
500 ml gevlokte snoek
30 ml gekapte pietersielie
paprika

METODE

1 KORS: Vryf die botter met die vingerpunte in die meel.
2 Voeg die sout en kaas by en meng liggies.
3 Bedek die bodem en kante van ’n gesmeerde oondvastebak met die mengsel, maar moet dit nie vasdruk nie. Hou ’n bietjie van die mengsel om bo-oor te strooi.
4 VULSEL: Braai die ui in 25 ml botter.
5 Roer die meel en 100 ml botter by. Voeg die melk geleidelik by en laat dit ongeveer 2 minute lank prut.
6 Voeg die geurmiddels, kaas, eiers en vis by. Skep dit in die tertbak en strooi die res van die korsbestanddele saam met pietersielie en paprika oor.
7 Bak die tert ’n uur lank teen 180 °C.