So bepaal jy julle liefdestale

0
84
tips_vir_die_liefde.jpg

Gary Chapman identifiseer in sy topverkoper, 5 Tale van die Liefde, fisieke aanraking, opbouende woorde, gehaltetyd, geskenke en diensbaarheid as die verskillende maniere waarop mense hulle liefde vir mekaar wys.

Wanneer twee persone se primêre liefdestaal dieselfde is, sal daardie verhouding waarskynlik suksesvol wees. ’n Mens is geneig om dit waaraan jy ’n behoefte het, vir die ander persoon te doen.

Maar hoe weet jy wat is julle liefdestale? Een manier is om op die negatiewe gebruik daarvan te fokus. As jou man jou met drie afbrekende woorde vir die res van die dag kan stilmaak, is jou primêre liefdestaal heel moontlik opbouende woorde. As jy gedurig kla en mor omdat hy skynbaar pal op die gholfbaan is, is jou primêre liefdestaal gehaltetyd.

Deur spesifieke voorbeelde en insidente uit julle huwelik te neem en te ontleed, kan jy maklik vasstel watter taal van die liefde julle verkies.