Só hou jy jou huwelik affair-vry

0
17
tips_vir_die_liefde.jpg

Stel grense. Maak duidelike reëls wat enige verhouding met die teenoorgestelde geslag buite die huwelik onskuldig sal hou.

Bly weg van situasies wat tot ontrouheid kan lei, soos etes of drankies na werk. As daar enige ontmoetings, SMS’e of eposse is wat jy geheim wil hou, is jy op die verkeerde pad.

*Gepraat van geheimhouding: Gesels met jou man oor alles in jou lewe, ook as jy byvoorbeeld vriendskappe met mans uit jou kinderjare het sodat hy presies weet wat in jou lewe aangaan.

*Moenie vir iemand van die teenoorgestelde geslag sê dat jy aangetrokke is tot hom nie. Om gevoelens soos hierdie met ander te deel, skep die geleentheid dat hulle dieselfde gevoelens met jou kan deel. En wanneer die aangetrokkenheid wedersyds is, maak dit ’n agterdeur oop na ’n buite-egtelike verhouding.