So lyk jou trane

0
20
trane.jpg

Maurice Mikkers is ‘n fotograaf. Hy het besluit om trane af te neem. Hy het sy vriende oorgenooi na sy huis en hulle dan laat huil deur uie te skil, of om na iets treurigs te kyk.

Maurice Mikkers is ‘n fotograaf. Hy het besluit om trane af te neem. Hy het sy vriende oorgenooi na sy huis en hulle dan laat huil deur uie te skil, of om na iets treurigs te kyk.

Maurice vang dan van hul trane op en sit dit op ʼn skyfie sodat dit droog kan word. Omdat dit sout bevat, kristalliseer die trane. In kristalvorm neem die trane die mooiste vorms aan, en daar is geen twee trane van dieselfde mens wat dieselfde lyk nie. Absoluut elke traan het ʼn unieke vorm. Mikkers neem dan foto’s van daardie trane. Ons assosieer trane meestal met hartseer, maar die foto’s van hierdie trane vul ʼn mens met verwondering.

Een van die mooiste teksverse vir my in die Boek Openbaring is Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan (Openb 21:4).  

Daar is soveel smart in hierdie wêreld. Ek lees juis netnou van ʼn ouerpaar wat al twee kinders in twee afsonderlike voorvalle aan die dood moes afstaan. Nou onlangs is hulle derde en enigste oorlewende kind in ʼn motorongeluk sodanig beseer dat sy nooit weer normaal kan funksioneer nie. Ek kan my nie indink in die trane wat hierdie ouers al gestort het nie. En dan klink die woorde so besonders, naamlik dat God ons trane gaan afvee wanneer ons in die hiernamaals aankom, en dat ons dan nooit weer smart en pyn sal ken nie.