Só maak jy Bybellees ‘n avontuur vir jou kind

0
866

Deur Ewald van Rensburg

Een van die geheime van geloofsopvoeding (eintlik alle opvoeding!) is dat ons nie moet verwag dat ander mense soos ons sal wees nie. Wat vir ons werk, werk nie noodwendig vir ʼn ander persoon nie, selfs al woon die persoon in dieselfde huis as jy.

Susan Yates het geskryf: “Always allow God the privilege of working in another’s life differently from the way God has in your own.” Dit is presies wat die Skattejagbybel se doelwit is.

Die Skattejagbybel is ʼn unieke studiebybel vir laat laerskool- en vroeë hoërskoolkinders – ʼn eerste vir Afrikaans en die mees omvattende in Engels.

KLIEK HIER OM JOU SKATTEJAGBYBEL TE BESTEL.

Wat wil Skattejagbybel bereik?

Dalk sal die volgende bekende storie help: Die vierjarige Jean se ma moes een aand sy geliefkoosde slaaptydstorie vir die derde keer vir hom lees. Na die derde keer doen klein Jean ʼn vreemde ding. Hy het die boek op die grond neergesit, dit oopgemaak en liggies eers die een voet en toe die ander op die oop bladsye gesit. Hy het verbaas afgekyk en toe niks gebeur nie, teleurgesteld begin huil. Sy ma was verward oor sy gedrag totdat haar agtjarige dogtertjie ‘n eenvoudige verduideliking gegee het: “Jean hou baie van die boek.” Skielik het sy ma verstaan – Jean wou in die boek inklim om deel daarvan te word!

Hoe “klim” ʼn mens in die Bybel?

Wel, die Skattejagbybel-skeppers glo dat die Bybel ʼn lees-, leer- en leef- ervaring vir die leser vanaf die eerste bladsy is. Daar was wel vrae waarmee die Skattejagbybel-skeppers geworstel het: Hoe kan die wonderlike Bybel nog meer toeganklik vir kinders gemaak word? Hoe kan ons hulle help om op hul ontwikkelingsvlak in die Bybel te klim? Hoe kan daar ’n brug tussen die Bybel en Prentebybels geskep word sodat kinders se harte warm word wanneer hulle die Bybel lees?

Ons glo dat die Heilige Gees met ons hele wese verbind wil word: “hart, siel, verstand en krag” (Markus 12:30).

Die Skattejagbybel volg ’n holistiese benadering (hart, siel, verstand en al jou kragte). Daarom het ons gewerk met die 4 temperamentgroepe (met ander woorde hoe God elke individu uniek bedraad het) én ʼn unieke opvoedkundige benadering wat getrou is aan God se bedrading van die mens.

Wanneer ons enige (kinder-) projek aanpak neem ons kinders se temperamente in ag. Elkeen word daarmee gebore ‒ daar is vier  temperamentsoorte (SJ; SP; NT & NF). Selfs Disney het dit in gedagte gehou tydens die ontwerp van Disney World. Top animeerders soos Disney, Pixar en Dreamworks doen dit ook met die maak van hulle films.

Met behulp van die Skattejagbybel se Weggies-karakters kan Howard Gardner se unieke opvoedkundige benadering soos volg vereenvoudig weergegee word:

Hierdie invalshoek help ons omgroter moontlikhede van leerervarings na die Bybel te bring. So kan mense inderdaad in die Bybel inklim op maniere wat hul unieke “God-bedrading” beter pas en dus hul horisonne verbreed.

Hierdie leerstyle is in “skattejagte” verander omdat ons dink die Bybel een groot skat is om te ontdek. Verder moes ons karakters (Weggies)skep wat aan een van die nege leerervarings gekoppel is sodat hulle kinders dissipelskap kan leer en só van kinders getroue Jesusvolgelinge maak.

Die Skattejagbybel wil kinders én volwassenes help om God lief te hê met hart, siel, verstand en krag (en natuurlik hulle naaste soos hulself)!

– Ewald van Rensburg spesialiseer in jeug en gesinsbediening. Hy is ‘n predikant in ‘n gemeente aan die voet van die Hottentots-Hollandberge in Somerset-Wes. Hy het al meer as 50 boeke geskryf en van hulle is regoor die wêreld gepubliseer. Sy kinderboeke is al met drie ATKV-veertjies bekroon. Hy is ook ʼn kreatiewe konsultant vir CMP.

KLIEK HIER OM JOU SKATTEJAGBYBEL TE BESTEL.

KLIEK HIER OM JOU SKATTEJAGBYBEL TE BESTEL.