Sokker se skandes

0
14
fifa.jpg

Die korrupsie-skandaal van die Internasionale Sokkerfederasie (FIFA) kring al verder uit.

Die korrupsie-skandaal van die Internasionale Sokkerfederasie (FIFA) kring al verder uit. Sy president, Sepp Blatter, het besluit om ook nou te bedank.

Hy sê hy wou daardeur FIFA se belange beskerm.  Daar is nou alreeds 18 hoofbeskuldigdes, maar Blatter is blykbaar nie een van hulle nie. 

Een van die beskuldigings teen die FIFA-amptenare is dat die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging glo aan Jack Warner, `n voormalige vise-president van FIFA ‘n betaling van $10 gemaak het om sodoende ondersteuning te kry vir Suid-Afrika se bod om 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi hier ter plaatse aan te bied.

Dit is 5 jaar later en lyk my die waarheid begin nou so stukkie vir stukkie uitkom. Die waarheid sal altyd seëvier, al vat dit soms lank. Almal wat verkeerd doen, dink altyd dat alhoewel ander uitgevang word, sal hulleself nooit uitgevang word nie. Mans of vroue wat skelmpies het, dink ook dat niemand dit ooit sal weet nie. Maar op ʼn dag moet jy dalk in jou sitkamer sit en jou oortreding aan jou maat erken omdat jy uitgevang is. Studente dink ook dat hulle nooit uitgevang sal word as hulle oneerlik is in die eksamen nie. Maar op ʼn dag word hulle uitgevang. Ons het in die onlangse verlede etlike gevalle gehad van mans wat hulle eie vrouens vermoor het. Natuurlik het hulle gedink dat hulle nooit uitgevang sal word nie, anders sou hulle nie gedoen het wat hulle gedoen het nie. Maar kort voor lank sit hulle in die tronk.

Die waarheid het die neiging om altyd uit te kom.

1 Kor 13:6 Liefde verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.