Soms wonder ons: “Wat is genade?”

genade

Soos ons deur die lewe loop, aanvaar ons als van selfseprekend, nooit besef ons dat elke dag net aan ons geleen is nie… tot daardie dag wat ons voete onder ons uit geslaan word en ons hard op die grond neer slaan en skielik besef ons: “daar is ‘n Groter Hand wat my kaarte vir my deel….”

Vandag sit ek hier, ‘n jaar later… daardie dag wat toe ek daardie ysige, harde woorde moes aanhoor…

“Ma’am, your husband is dying…” Op die ouderdom van 26, ‘n tweeling van 9 maadne oud en ‘n seun wat al groot genoeg is om te verstaan, het ek nooit gedink dat ek ooit daardie woorde sou moes aanhoor nie….nooit gedink dat my kaarte die “joker” van die lewe sal bevat nie. Vir die 7 jaar waardeur ek en my man al was, sou ek se dat ek ‘n “Royal Flush” gehad het… toe nou nie.

Op die ouderdom van 30 jaar , moes my man die dood vol in die oë staar… snaaks genoeg hoe ‘n mens gewoondelik tot op daardie punt in jou lewe moet kom en besef jy dat jy menslik niks kan doen om diè situasie te verander nie… skièlik leer jy hoe om te bid en èrnstig te belei.

Glò vir my, op daardie punt voel jy soos ‘n verraaier, want dan besef jy dat die lewe wat jy die afgelope 7 jaar gelei het, glad nie so wonderlik was soos wat jy gedink het dit was nie… soos ‘n golf wat bo-oor jou breek, kry jy terug flitse van die afgelope paar jare, van al die kere wat jy nie die regte besluite geneem het nie, al die kere wat jy bewustelik iemand tena gekom het.

Dan kom daar ook die kere wat jy liewer die ander pad gekyk het as om jou hand uit te steek en te help… die ergste “flashback” wat jy dan hierna kry is ‘n sitter… al die kere wat jy jou Vader telleurgestel het… die kere waar jy die aardse vir die ewige aangekleef het… vergeet het waar jou Huis eintlik is. Dan sak jy jou kop in skaamte, voel jy soos ‘n waardelose dienskneg.

Die oomblik wat jy voor die kruispad kom staan en nie weet wat volgende gaan gebeur nie, dàn weet jy wat genade is, want dit is dan al wat oorbly. Nadat die wêreld se medikasie en die slimstes van die slimstes niks meer vir jou geliefde kan doen nie. Genade…

Daar is ‘n rede waarom jy op ‘n Kruispad geplaas word. Daar is àltyd ‘n rede. Op daardie oomblik verstaan ons nooit hoekom seker dinge met òns moes gebeur het nie. Om die waarheid te sê: iewers in jou lewe gaan elkeen van ons deur so ‘n tyd, dalk nie presies dieselfde situasie nie, maar jy gàan daar deur. Die rede daarvoor sal àltyd op ‘n latere stadium homself kom wys. Baie keer moet jy maar net jou ogies styf toe knyp en wèet dat dit wat besig is om met jou te gebeur, die proses is waardeer jy moet gaan om ‘n beter “jy” te vorm.

Kyk na jou lewe soos ‘n growwe diamant… op die oog af, lyk dit waardeloos en onvolmaak. Deur al die stampe en stote waardeur jy in jou lewenstyd moet gaan, skuur en skaaf jou omstandighede jou om die mens te maak wat jy vandag is. Al ooit gehoor iemand sê: “dis die lewe wat my maak gemaak het soos wat ek vandag is”?

Dis absoluut korrek! Al verskil is, soos ‘n vriendin van my altyd sê: “kyk na die glas half vol as half leeg”. Dis jou besluit of jy jou stampe en stote in die lewe gaan vat en in ‘n hoekie daar eenkant gaan sit en jouself bejammer en of jy elke hou wat jy in jou lewe moes vat gaan omswaai en sê: “Ek het daardie hekkie oorgespring, amper geval, maar ek is oor!” wanneer jy dit kan doen, sê ek vandag vir jou, is jy ‘n wenner!

Wanneer jy weer voor jou kruispad kom staan en wonder wat om volgende te doen, maak jou oë toe, vra jou Vader om jou te lei en luister na sy stem. Vat die eerste tree vol selfvertroue en weet dat jy nooit alleen is nie. Al gaan jy deur jou donkerste uur, is Hy altyd by jou, op Hom kan jy vertrou.

Soos ek vandag hier sit, wonder ek by myself:”Hoekom het ek so min vertroue gehad? Hoekom het ek nie van die begin af my lewe en my situasie voor die voete van die Here kom lê nie?” Die antwoord hierop is eintlik baie eenvoudig: Ek het nooit besef dat alles wat ek is, alles wat ek het, is net Genade. Daardie ysige harde woorde is vandag nog by my, sal seker ook vir altyd my by bly. Ek stry nie meer daarteen om van dit te vergeet nie… ek sal my glas half vol vat, dankie!

Ek sien dit vandag as ‘n “constant reminder” van waar ek eens op ‘n tyd in my lewe was, dat ek sonder Genade, nie vandag ‘n hand in myne sou kon hê nie. ‘n Asemhaling snags langs my kon hoor nie. Was dit nie vir Genade nie, sou ek nie elke middag, wanneer ek van die werk af kom, kon hoor: “Pappa Johnnie! Wa jy? Kom hieso”.

Salig onbewus van wat ‘n jaar gelede op ons kruispad gestaan het, keer die tweeling vir pappa Johnnie elke middag op die bed vas vir ‘n stoei sessie. Kyk ek dan maar aandagtig en wonder: “wat gaan eendag op julle Kruispad kom? Mag die Here julle Genadig wees soos wat Hy ons Genadig was. Mag ek julle die waardes in die lewe leer wat Hy van my verwag en mag die Heilige Gees julle altyd op julle Kruispad lei.”

Vorige artikelLeef jy of oorleef jy?
Volgende artikelWeet dat dit wat jy vandag doen tel
Blogger - Emma Hayward
Soos ‘n mens ouer word, dieper spore op hierdie aarde trap en deur die fases van die lewe gaan, besef jy dat daar soveel belangriker dinge aan die lewe is, as materiale dinge. Ek is Emma Haward, ‘n Koningskind, ‘n optimis en mens met ‘n passie vir die lewe. As ek nadink oor die kere wat God my genadig was, kan ek nie anders as om te weet dat ons ‘n lewende God dien nie. Ek is ‘n trotse ma van 3 kinders, waarvan 2 ‘n tweeling is. Ek en my man is nou 5 jaar getroud en woorde is hopeloos te min om te verduidelik hoe dankbaar ek vir my gesin is nie. Ek werk voldag, doen fotografie op die kantlyn en bestuur ons eie besigheid. Vryetyd het ek nie altyd nie, maar as ek dit het kan ek aan niks lekkerder dink, as om dit saam met my man en kinders deur te bring. Van opstaan en oorbegin, vertel jy my niks. Ek en my man, is nou vir 8 jaar al bymekaar en glo vir my, het ons nou nie al behoorlik deur daardie 7 sakke sout gewerk nie. Dikwels moes ons die houe van die lewe vat, omval, opstaan en maar weer oor begin. Hulle se “3rd time is a charm”, maar vandag wil ek vir almal sê: vandat ons God as ons saligmaker aanvaar, aangeneem en toegelaat het om ons lewenspad vir ons te bestuur, is die 3de keer nie ‘n “charm” nie, maar net Genade. Ek glo tot vandag dat niks “sommer maar net” gebeur nie… ek glo dat God vir ons soms boodskappe op die mees onverwagse maniere stuur, sodat ons kan besin en oorbegin. Wees lief vir die lewe, lewe in die oomblik, dans in die reen en lag kliphard, sodat die wêreld kan hoor! Wees die lig in iemand anders se duisternis, want God wil ons elkeen gebruik…ons moet net luister as hy roep….