Soms

Soms, soek ‘n mens liefde, vind jy seerkry.
Soms, is ‘n mens genoeg, soms is jy nie.
Soms, wil ‘n mens, soms wil jy nie.
Soms, lag ‘n mens, soms huil jy.
Soms, bid ‘n mens, soms sug jy ’n gebed.
Soms, vra ‘n mens, soms antwoord jy.
Soms, is ‘n mens alles, soms is jy niks.
Soms, is n mens bo, soms is jy onder.
Soms, glo ‘n mens, soms vrees jy.
Soms, hoop ‘n mens, soms twyfel jy.
Soms, bloei ‘n mens, soms gloei jy.
Soms, gee liefde, soms neem liefde.
Soms, wen ‘n mens, soms verloor jy.
Soms, is ‘n mens se alles, ‘n ander se niks.
Soms, is ‘n mens se beste, die slegste vir ‘n ander.
Soms, moet ‘n mens jou eie wil kruisig, vir ‘n ander se beswil.
Soms, moet ‘n mens wroeg, soms moet jy berus.
Soms, worstel n mens, soms ontdek jy,
‘n pad na vrede is daar nie, Vrede is die pad.
Soms, moet ‘n mens val, voor jy kan staan in opstaan.
Soms, moet ‘n mens alles verloor, om ‘n wen na waarde te skat.
Altyd, moet ‘n mens weet: God is Genoeg, wanneer niks en niemand is nie.

PS: Inleiding uit die Boek : Here, ek bloei. Beskikbaar 2 Augustus 2018.
Alle Regte Voorbehou: Tania Delport © Carpe Diem Media

Vorige artikelWees die verandering – Jesus die hoop in jou!
Volgende artikel“God het my versaak”
Blogger - Tania Delport
Tania Delport is terselfdertyd onkonvensioneel, passievol, vreesloos, kreatief, teen die grond neergegooi maar nie vernietig nie, vol blydskap en humor, Woord deurdrenk en geesvervuld, ‘n onvergeetlike persoonlikheid. Tania Delport se skryftalent is ‘n passie en natuurlike gawe van God maar ook stil-stil geïnspireer deur die welbekende skrywer Hennie Aucamp wat 20 Maart 2014 oorlede is. Sy het in die Stormberg hoogland in die Oos-Kaap grootgeword op die buurplaas vanwaar hy grootgeword het. Haar oom aan haar pa se kant was getroud met die suster van Hennie Aucamp, dus was hy deel van haar familie binnekring. Tania Delport is in haar finale seisoen van liefde en lewe. Haar prioriteit is haar man Pieter. Sy is toegewyd en gaan haar gawes met veral vroue deel. Tania Delport se G-I-L in die nag het L-I-G in die dag geword want God is Liefde. Haar lewe het vlerke gekry. Dis tyd vir joune! Besoek gerus haar web tuiste https://eet8eet.co.za