Sonder mislukkings is daar geen groei

0
6
dieet.png

Wanneer jy ’n terugslag in jou dieet beleef, is jy geneig om te wil tou op gooi. Jy kan verby dit beweeg!

Die meeste mense hou nie by hul eetplan nie, omdat hulle terugslae beleef en dan so teleurgesteld is dat hulle moed verloor.

Dit is soms goed om te weet dat jy wel terugslae gaan beleef. Sien jou mislukking in isolasie en fokus eerder op die sukses wat jy tot dusver bereik het. Hou jou oë gevestig op jou einddoel en dit wat jy wil bereik. Dit is belangrik om jou met mense te omring wat jy kan vertrou en vir wie jy kan vertel jy het ’n terugslag beleef. Hulle motivering en aansporing is dalk net die regte medisyne wat jy nodig het om weer voort te gaan.

Dit is ook goed om kwesbare situasies en tye te identifiseer, sodat jy dit in die toekoms beter kan hanteer. Miskien is jy baie kwesbaar in die oggend net nadat jy opgestaan het. Dalk is dit wanneer jy verveeld raak en niks het om te doen nie. Dan is dit tyd om die destruktiewe patroon te verbreek en iets anders te doen, soos om te gaan stap of na mooi musiek te luister.

Wanneer ’n mens ’n terugslag beleef, is dit ’n kosbare geleentheid om jouself beter te leer ken en te verstaan. Dink só daaraan: Sonder enige mislukkings sou ons as mense nie kon groei nie.