Sonlig…. Sonlag my kind!!

sonlig

Suid-Afrika is vir ons sinoniem met Son…& See…

Alhoewel ons voortdurend die waarskuwings hoor en lees besef die meerderheid nie werklik al die rooi igte daaromtrent nie.

Kom ons gesels eerstens ” rondom elke donker wolkie is ‘n silver randtjie”

Ons kan nie in SA die son heeltemal vermy nie,en ons benodig wel daagliks ‘n mate van ultraviolet blootstelling.Want die oomblik indien ons vel blootgestel word aan Ultraviolet strale help dit met Vit D produksie in ons liggame,wat voordelig is vir die vorming van sterk bene en tande.

Die probleem is egter “hoeveel blootstelling is genoeg”.

  1. Jy kry genoeg Vit D deur ultraviolet blootstelling net voor sonbrand….
  2. Die aanhoudende blootstelling aan ultraviolet strale sonder voldoende beskerming lei tot die afbreek van Kollageen weefsel in die vel wat vroee tekens van veroudering veroorsaak.

Die afbreek wat oor jare plaasvind en skade wat opbou lei tot elastisiteit wat verlore gaan,sigbare fyn lyntjies en plooitjies en dan ook pigmentasie wat op die oppervlak verskyn.

KEUSES:

Die meeste mense praat soos ‘n massa saam… sonblok is te olierig!!!!

Die uitdaging is egter met Suid-Afrika se uiterste weersomstandighede voel ‘n hoe syfer sonblok altyd  na’n dik emulsie en ons sweet dit af nog voordat ons die beskerming werklik benodig.

Maak slim keuses en vra na ‘n Fisiese sonskerm wat ultraviolet strale weg weerkaats. (Titanium Dioxide ) belangrike bestanddeel in ‘n fisiese sonskerm.

Fisiese / Olievrye opsie en SPF 30 is heeltemal voldoende vir jou daaglikse beskerming asook tydens see vakansies.

Fisiese sonskerm reflekteer die UVA (wat deur 5 vellae kollageen weefsel afbreek) EN UVB (sonbrand veroorsaak) sonstrale weg wat veroudering en sonbrand veroorsaak en beskerm teen nodige bestraling skade.

Indien jy 20 min lank neem voordat jy rooi brand sonder beskerming en jy wend dan’n Spf 30 aan:

30 x 20 min son blootstelling = 600 minute (tydperk in die son  voor jy brand)

Geniet ons Sonskyn land  INGELIG ….. met jare se gesondheid.