Sorina: “God het my beskerm van ’n fratsongeluk”

0
87
sorina_erasmus_ongeluk.jpg

Sorina Erasmus het vandag op haar Facebook-blad haar getuienis gedeel. Sy vertel hoe sy wonderbaarlik gered is van ernstige brandbeserings, of dalk erger. Hoe groot is ons God!

Sorina vertel:

“MY GETUIENIS: Lees ASB as jy wil ervaar hoe groot God se genade was in n fratsongeluk wat baie traumaties kon geeindig het as God nié Sy hand van beskerming oor my/ons gehou het nie. Ek getuig prontuit hieroor omdat Hy die eer en glorie verdien. Dis n lang getuienis, maar lees ASB sodat jy saam met my in dankbaarheid teenoor Hom kan staan. Dieselfde goed gebeur met soveel baie mense & die gevolge is soveel erger. Daarom glo ek God was my/ons gister genadig sodat ek hierdie vandag met jou kan en móét deel, sodat Sy Naam daardeur verheerlik kan word en ons saam die liedjie kan sing “GENADE ONBESKRYFLIK GROOT!!!!” SHARE asb op jou page. Ek kan nie anders as om hierdie met die wereld te deel nie:

Ons het gister by hartsvriende gaan kuier wat by Loskop dam vakansie hou. Dit was n volmaakte Sondag, die weer was fantasties en ons het langs die dam gesit en net gechill, gekuier, gelag & geeet. Toe dit tyd word om n vleisie te braai, het almal ingespring en gehelp met die feesmaal van mieliepap, aartappels in foelie & mieliebrood, alles wat ons laggend en lekker besig was om voor te berei in ons vriende se twee-by-twee meter tent-kombuisie wat direk agter die klomp slaap tente en kuier tent opgeslaan was.

Direk langs die tent-kombuis het die nuwe gas braaier gestaan waarop die pot pap rustig besig was om te prut en direk langs die gassillinder was die sout en peper rakkie met al die speserye. Tannie Alfina was besig om die pap n roer en proe te gee, ek het die sout en peper direk langsaan uitgehaal en dit was op daardie presiese oomblik toe net ons twee in die piepklein tent-kombuisie staan dat die onmoontlike skielik gebeur… ons vermoed die gas sillinder se pyp het skielik uitgetrek.

Gas spuit die wereld vol en die vlamme verswelg die gas in n vlamme hel wat aan die hemel begin lek. Die pyp raak oombliklik aan die brand en die vlamme hardloop af na die gas sillinder wat in vuur gedompel word, vlamme van bo tot onder waar jy kyk. Ek sien die vuurbolle & hardloop weg van die vlamme maar in die kombuisie in waar die yskaste staan en daar is ek vasgekeer tussen die elektriese yskas en die vlamme. Dis toe dat Ivy Kruger begin skree “hardloop hardloop, die gasbottel gaan ontplof”.

Instinktiewelik het ek geweet ek moet uit die hoekie kom want die sillinder was letterlik 2 meter van my af. Ek weet nie hoe ek daar uitgekom het nie, ek is oortuig daarvan die Engele het my gedra. Maar die einde was nog nie in sig nie. Net toe ek uit die kombuis hardloop verby die vlamme, val ek en land teen een van die slaap tente wat direk langsaan was. Alles het so vinnig gebeur. Volgende oomblik is tannie Alfina by my om my te help opstaan vanaf die tent waar ek half disnis geval het. Ons hardloop weg van die gevaar.

Intussen bou die gas bottel drukking op en die sekondes voel soos ure, ek ruik hare wat gebrand het & ons sien n bloedrooi bloedmerk oor my sleutelbeen. Dis toe dat Ivy, wat ge-train is vir ramp situasies in fabrieke na die gevaar hardloop en die tent-kombuis se seil afruk. Die hele sout en peper kaste het al begin verskroei en die vlamme het al tot by die wasbak getrek waar die parrafin en bottels plofbare Doom blikke ens gestaan het. Sy het vreesloos die seile afgeruk, die tentjie was toe reeds halfpad deur die vlamme gevreet en haar man Hansie Kruger het kanne water gaan haal. Hulle het hulle lewens gewaag, hulle is helde wat medaljes verdien. ‘n Aardse engel uit die hemel het erens van ver te voorskyn gekom met n poeier brandblusser en die vlamme geblus. (die water het nie gehelp nie want die parrafin was reeds aan die brand en elke keer as daar water gegooi word, hardloop die vlamme voort agv die parrafin.)

Nou sal mense dalk vra, hoe was God dan genadig. Kom ek le dit tegnies vir jou dan uit:
1. Die gas bottel moes eintlik ontplof soos die vlamme en drukking opgebou het. Dit moes vir my en tannie Alfina wat by dit was getref het en mens sidder om te dink wat kon gebeur. FEIT: DIT HET NIE, DIE GAS BOTTEL HET NIE ONTPLOF NIE. GOD HET SY HAND DAAROOR GEHOU.

2. Tannie Alfina was met haar gesig teen die vlamme toe dit uitlek en die vlamme soos n bom uitbol. FEIT: SY HET NIE EENS N SKRAPIE AAN HAAR VEL NIE. ‘N GEDEELTE VAN HAAR HARE IS WEGGESKROEI EN HAAR OOGHARE IS VERSKROEI, MAAR HAAR GESIG HET GEEN GEEN GEEN TEKEN VAN BRAND NIE.

3. Toe ek val, moes ek eintlik in retrospeksie baie seer gekry het as jy vat die spoed en impak wat ek die tent getref het. Ek moes eintlik ook op my maag geval het waar ons babatjie vir 6 maande al in woon. FEIT: DIE ENGELE MOES MY REGTIG GEDRA HET, WANT EK HET OP MY SY/RUG DIE TENT GETREF. BOWENAL IS DIE DEEL WAAR EK TEEN DIE TENT GEVAL HET, N SAGTE DEEL WAT SOOS N LUG BUBBLE OP DAARDIE STADIUM GEMAAK HET EN MY SLOW MOTION TEEN DIE TENT LAAT AFGLY HET, ASOF DAAR LUG TUSSEN DIE TENT EN SEIL WAS AGV DIE DRUKKING TEEN DIE TENT.

4. Die lang bloedmerk onder my vel op my sleutelbeen was agv die tentpen wat uitgeskiet het en my getref het toe ek daarteen val. Dis al wat ek helaas oorgekom het. FEIT: DIT KON MY IN MY MAAG GETREF HET OF N SKERP PUNT KON SELFS IN MY OOG GESTEEK HET.

5. Behalwe vir die val teen die tent, is die ander merkwaardige FEIT: AS EK N HALWE METER REGS GEVAL HET TEEN DIE TENT, SOU EK N BAIE SWAAR STAALKIS GETREF HET WAT IN DIE TENT WAS. SOU EK N HALWE METER VORENTOE GEVAL HET, SOU EK TUSSEN SAKKE EN SAKKE HARDE HOUTSTOMPE GEVAL HET. SOU EK N HALWE METER ANDERKANT TOE GEVAL HET, HET EK DIREK OP DIE GROND GEVAL. MAAR EK HET NIE, MY LANDING WAS OP DIE SAGSTE DEEL VAN DIE TENT IN N TIPE VAN LUG BUBBLE.”